Nog ‘n fosfaatmyn beplan vir Weskus?

STEEK NOG ‘N MYNVELD VAN ONGERYMDHEDE SY KOP UIT IN DIE WESKUS?

Terwyl Weskussers nog steier onder die ongerymdhede en besoedeling van Mike Nunn se omstrede KROPZ-fosfaatmyn, blyk dit dat dit ‘n geval is van “nog is het einde niet”.

’n Rakmaatskappy (shelf company) met sy kantore in Centurion het pas kennis gegee dat hy aansoek gedoen het vir mineraalregte op 2000 hektaar grond langs die Weskus. Die myngebied strek van Duyker Eiland tot Lampiesbaai op gedeeltes van die plase Duyker Eiland en Scuitjesklip.  Groot gedeeltes hiervan val onder bewaringsgebied en strek oor die kop wat St Helenabaai teen die suidoostewind beskerm.

PROSPEKTEER-GEBIED

Inwoners was ontsteld toe hulle tussen hulle Kerspakkies op ‘n kennisgewing langs die pad na Paternoster afgekom het waar lede van die publiek uitgenooi word om by die maatskappy se konsultante te registreer sodat hulle die proses kan volg of kommentaar daarop lewer.

Aldus die dokument in weskusontheline se besit word daar gesoek na fosfaat en swaar metale.  Volgens kenners is die swaar metale wat in die aansoek gelys is radioaktief en hou dit gesondheidsgevare in. Weskusontheline het met verskeie inwoners en kenners oor die aansoek gepraat.  Ons is meegedeel dat daar al jare lank geheime planne is om ‘n fosfaatmyn hier te vestig, maar dat die planne telkens laat vaar is omdat die fosfaat nie ekonomies ontgin kon word nie.  Die swaar metale verander hierdie prentjjie.

Weskusontheline het vasgestel dat Montero Mining and Exploration, ‘n Kanadese maatskappy wat gefokus is om swaar metale vir die batteryvervaardigingsbedryf in Afrika te ontgin, gedurende 2012 in die gebied belang gestel het.  Of Montero agter die jongste aansoek sit sal ons nog moet leer.

Wat veral kommerwekkend is, is dat die konsultante wat hierdie aansoek moet laat gebeur, ook deur die Weskus Distriksmunisipaliteit gekontrakteer is om die huidige Luggehalte-bestuursplan (Air Quality Management Plan) en die Kusbestuursprogram (Coastal Management Programme) te hersien.  Is dit ‘n geval van op drie stoele sit of steek daar iets meer agter?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Foto:  Lugbesoedeling by die omstrede Elandsfontein/KROPZ-fosfaatmyn

Weskusontheline wil sy lesers aanraai om DADELIK by die konsultante te registreer en kommentaar te lewer. Hier volg die kontakbesonderhede:

Mr Roberto Almanza  Environmental Consultant  CES – Environmental and Social Advisory Services  13 Stanley Street, Richmond Hill  Port Elizabeth | Eastern Cape | South Africa  Tel: +27 (41) 585 1715 | Cell: +27 (82) 930 8711  r.almanza@cesnet.co.za | www.cesnet.co.za

Lees ook van ons vorige berigte oor die omstrede mynkwessies langs die weskus:

Guptas en vroue-mynbase het rustige Weskus in rep en roer

Nóg ‘n myn tref weskus dalk binnekort . . . dié keer ‘n VROU!

Weskus proefkonyn in unieke en riskante “myneksperiment” deur onervare rolspelers

KROPZ/ELANDSFONTEIN : ♫ The answer(s), my friend, is still blowing in the wind . . . ♫

Cape High Court to STOP KROPZ from further dewatering Elandsfontein aquifer for a dormant mine . . .

http://www.weskusontheline.co.za/2017/09/08/3385/http://www.weskusontheline.co.za/2017/09/13/latest-ongoing-kropzelandsfontein-mine-water-debacle-along-wild-west-coast/

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *