Heerlike, sOnsasionele bootvaarte vir elke geleentheid op KIYANA

Die Kiyana is ‘n 40 vt Seiljag wat groepe van tot twaalf mense kan huisves vir ENIGE geleentheid – van romantiese skemerkelkie-vaarte terwyl die son in ‘n kleurespel oor die horison sak, tot avontuur-vaarte waarop jy kan kuier, snorkelduik en swem of luilekker in die son ontspan.

Skipper Jacques de Villiers is ‘n evare yachtie met 30 jaar ervaring in dié bedryf wat nou saam met sy verloofde, Esté Smit, hul passie vir seil en die see uitleef en met almal deel wat Mosselbaai se mooi kuslyn uit ‘n ander hoek wil belewe . . .

Of dit nou ‘n vrolike verjaardagpartytjie, luilekker wegbreek, spanboufunksie of ‘n romantiese troue is – op die Kiyana is ENIGIETS moontlik . . .

 

Maak nie saak waarvandaan jy kom of watter taal jy praat nie – seil is ‘n wêreldsport wat bande smee oor oseane heen en ‘n heerlike manier om ‘n vreemde dorp/omgewing te leer ken – soos dié Duitse toergroep met oorgawe bevestig.

Gaste kan hul eie versnaperinge en drinkgoed saambring, terwyl selfs ‘n vleis- of visbraai op die dek gereël kan word teen ekstra koste . . .

 

Afhangende van die tipe funksie, word spyseniering met liplekker etes ook voorsien . . .

 

Tydens ‘n vaart om die bekende Robeiland met sy robkolonie waar die Grootwithaaie jag, word bekende landbakens ook uitgewys . . .

By die gewilde Santosstrand word spesiaal vertoef sodat gaste kan induik, snorkelduik of sommer net op die strand kan ontspan.

 

Bespreek hier vir enige tipe vaart of funksie volgens jou eie smaak:

072 777 7225

info@karooretreat.co.za 

https://kiyana.co.za

Lees ook meer hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/sailing-sunsation-on-kiyana-explore-mossel-bay-s-beauty-off-shore

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *