Omstrede KROPZ-fosfaatmyn se toekoms nou deur Watertribunaal bepaal

Vier jaar nadat die media-sku mynmagnaat Mike Nunn se hoogs omstrede planne vir die bou van ‘n multi-miljardrand fosfaatmyn reg langs die Weskus Nasionale Park in ‘n sensitiewe RAMSAR-gebied op die lappe begin kom het, is die Elandsfontein/KROPZ-fosfaatmyn steeds in ‘n wolk van omstredenheid en regstappe gehul.

 

Die infrastruktuur van dié reusagtige myn naby Hopefield aan die weskus is destyds in rekordtyd en te midde van uiterste geheimsinnigheid gebou ondanks oorweldigende publieke besware en voordat al die nodige omgewingsimpakstudies gedoen en lisensies toegestaan is.

Weskusontheline het destyds met vertroulike lugfoto’s die omvangryke en vernietigende impak van die mynbedrywighede onthul terwyl die openbaredeelnameproses nog in volle swang was.

 

Die man agter die mynbedrywighede, Michael Nunn, het egter deurgaans ‘n lae profiel gehandhaaf en geweier om regstreeks met die publiek of media te praat.

Die 500 hektaar grond waarop die myn gebou is – die Elandsfontein natuurreservaat – is glo al in 2010 vir R35 miljoen in ‘n hoogs omstrede transaksie deur die Langebaanse sakeman Arie Dempers aan die maatskappy Elandsfontein Exploration & Mining verkoop ondanks ‘n langdurige mondelinge ooreenkoms dat die Weskus Nasionale Park die eerste opsie tot die grond het.

In 2016 het die naam KROPZ skielik die eerste keer in ‘n dubbelblad-advertensie in ‘n Weskus-gemeenskapskoerant opgeduik waarin breedvoerig uiteengesit is hoe KROPZ die wêreld se voedseltekort gaan help bekamp deur sy fosfaatmynproduksie vir die buitelandse uitvoermark.

Die Suid-Afrikaanse miljardêr Patrice Motsepe se African Rainbow Capital Investments besit amper 50% van KROPZ. Ondanks heftige openbare besware en hangende hofsake oor beweerde omseiling van wetgewing, het KROPZ reeds minstens $120 miljoen aan die ontwikkeling van dié omstrede myn bestee.

Alle mynbedrywighede is egter al in 2017 gestaak – glo weens ‘n skerp daling in internasionale fosfaatpryse en ander faktore – en desondanks is ‘n watergebruiklisensie (WULA) destyds toegestaan te midde van een van die ergste droogtes in menseheugenis in die Wes-Kaap.

Dis die “onreëlmatige” toekenning van dié einste watergebruik-lisensie (WULA) wat nou op die hoogste vlak beveg word in ‘n voortslepende Watertribunaal-saak wat deur die omgewingsbewaringsgroep Weskus Omgewingsbewarings Assosiasie (WOBA) gedryf word. Die saak dien weer van 16 – 18 Maart voor die Watertribunaal.

Só het ons sedert 2016 oor dié hoogs omstrede mynbedrywighede berig:

Lees ook:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *