W-Kaapse munisipaliteite gehelp om oudits te verbeter Wes-Kaapse munispaliteite verswak ook kommerwekkend.
Net 12 Wes-Kaapse munisipaliteite het skoon oudits ontvang vir die boekjaar 2017/18 volgens die jongste ouditverslag van die ouditeur-generaal (OG). Daarby het onreëlmatige besteding by Wes-Kaapse munisipaliteite R666 miljoen beloop – ’n aansienlike styging van die R165 miljoen in 2016-’17.
In die vorige boekjaar het 21 munisipaliteite
ongekwalifiseerde oudits sonder bevindings ontvang en nege
munisipaliteite se ouditmenings het dus in 2017-’18 verswak.
Dit sluit in Drakenstein, George, Langeberg, Mosselbaai, Prins
Albert, Saldanhabaai, Stellenbosch, Swartland en
Theewaterskloof wat nie in vandeesweek se ouditverslag skoon oudits gehad het nie.
Volgens Bredell sukkel rade toenemend met erge finansiële
beperkings weens die land se ekonomiese uitdagings.
“Ten spyte van dié omstandighede, het ons kennis geneem dat die OG nie bevind het dat ’n enkele munisipaliteit in die provinsie ’n sent aan Eskom in die boekjaar geskuld het nie en slegs een raad as finansieel kwesbaar beskou word.”
Bredell sê die provinsiale regering is ook bewus van “die
paar gebiede” waar agteruitgang gevind is en sal die
probleemgebiede regstel.
Hy sê die verskil tussen ’n skoon oudit en ’n ongekwalifiseerde oudit met bevindings is dikwels ’n “tegniese kwessie” wat toegeskryf kan word aan die laat indiening van dokumente of die klassifikasie van transaksie wat foute bevat of onvoltooid is.
“Dit was ook die eerste jaar dat die rade nuwe maatreëls vir voldoening aan wetgewing moes nakom, wat met
uitdagings gepaardgegaan het.”
Die provinsiale departement van plaaslike regering werk aan ondersteuningsplanne vir elke munisipaliteit vir die
uitdagings wat hulle ervaar, onder meer ten opsigte van ouditmenings.
Verder bied die provinsiale tesourie bystand aan munisipaliteite om oudit-aksieplanne saam te stel om
ouditmenings te verbeter.
In 2017-’18 het die persentasie ongekwalifiseerde finansiële oudits gedaal tot 89%, teenoor 93% in die vorige boekjaar.
Die persentasie munisipaliteite met geen bevindings op hul prestasieverslae het ook gedaal tot 86% – teenoor
89% in 2016-’17.
Munisipaliteite met geen bevindings oor die nakoming van wetgewing het afgeneem tot 43% nadat dit die vorige
boekjaar nog op 79% gestaan het.
Daarby het onreëlmatige besteding by Wes-Kaapse munisipaliteite R666 miljoen beloop – ’n aansienlike styging
van die R165 miljoen in 2016-’17.
Dit kom neer op 3% van die totale munisipale besteding en 1% van die provinsiale begroting vir plaaslike
regering.
Ongemagtigde besteding het R243 miljoen beloop en kom neer op 2% van besteding of minder as 1% van die
provinsiale begroting vir plaaslike regering.
Die OG noem ook dat verkwiste en vrugtelose uitgawes in 2017-’18 slegs R3 miljoen beloop het.
Die 12 munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, is die Weskus-distrik, die Kaapse Wynlande-distrik, die
Overberg-distrik, Bergrivier, Breedevallei, Kaap Agulhas, Cederberg, Hessekwa, Matzikama, Overstrand,
Swellendam en Witzenberg.
Die Kaapstad-metro, Sentraal Karoo-distrik, Tuinroete-distrik, Bitou, Drakenstein, Knysna, Langeberg,
Mosselbaai, Prins Albert, Saldanhabaai, Stellenbosch, Swartland en Theewaterskloof het ongekwalifiseerde
oudits met bevindings ontvang.
Beaufort-Wes, Oudtshoorn en George het gekwalifiseerde oudits met bevindings, terwyl die ouditmenings vir
Laingsburg en Kannaland nog uitstaande is weens verslae wat nie ontvang is nie.
Met skoon oudits is die finansiële verslae van munisipaliteite vry van beslissende wanvoorstellings en is daar geen bevindings oor die verslagdoening oor doelwitte wat bereik is of nievoldoening aan wetgewing nie.
Met skoon oudits is die finansiële verslae van munisipaliteite vry van beslissende wanvoorstellings en is daar geen bevindings oor die verslagdoening oor doelwitte wat
bereik is of nievoldoening aan wetgewing nie.
Volgens die OG was daar ’n aansienlike agteruitgang in die
ouditmenings in die Wes-Kaap en is ’n verslapping in kontrole by sekere munisipaliteite opgemerk.
Met ongekwalifiseerde oudits kan daar bevindings wees oor die doelwitte waaroor daar verslag gedoen word en
nievoldoening aan wetgewing.
Gekwalifiseerde oudits behels dat beslissende wanvoorstellings of foute in die finansiële verslae voorkom of dat daar onvoldoende bewyse is om te bevind dat die bedrae in dié verslae nie verdraai of verkeerd aangedui is nie.
Die meeste munisipaliteite (86%) in die provinsie het ’n goeie assessering van hul finansiële toestand ontvang, terwyl daar kommer oor Cederberg, Matzikama en Saldanhabaai se finansies is.
In Beaufort-Wes is beduidende negatiewe tekens vir die finansiële welstand gevind en word dit as kwesbaar beskou omdat die laste die bates oorskry en ’n hoë persentasie van skuld afgeskryf word.
Kaapstad en Beaufort-Wes is die enigste munisipaliteite in Wes-Kaap waar ouditmenings toegeskryf word aan
“onvoldoende nagevolge vir swak prestasie en oortredings”.
In Kaapstad het onreëlmatige besteding R236 miljoen in 2017-’18 beloop, teenoor R47 miljoen in die vorige
boekjaar.
Beaufort-Wes het ook onreëlmatige besteding van R52,2 miljoen aangegaan, die Tuinroete-distrik R56,8 miljoen
en Cederberg R51,2 miljoen.
Volgens die OG was daar ’n aansienlike agteruitgang in die ouditmenings in die Wes-Kaap en is ’n verslapping
in kontrole by sekere munisipaliteite opgemerk.
Nievoldoening aan wetgewing en regulasies was die hoofoorsaak van ongunstige ouditmenings in die provinsie
en hou verband met verkryging, die voorkoming van onreëlmatige besteding en die versuim om finansiële
verslae sonder beslissende wanvoorstellings te verskaf.
Volgens die OG het interne beheer by munisipaliteite in die geheel afgeneem en word dit toegeskryf aan ’n
verswakking van verantwoordbaarheid in die leierskapkultuur, trae reaksie om aanbevelings toe te pas en
onvoldoende kontrole om seker te maak dat wette en regulasies nagekom wor ... See more
Die Wes-Kaap het al ’n lang pad gestap sedert hy in 2009 geen skoon oudits ontvang het nie en spog steeds met 25 uit 30 munisipaliteite met ongekwalifiseerde oudits, sê Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering.