Die aanloop tot ‘n dringende likwidasie-aansoek teen die voorsitter en direkteure van Xodus Goud Koöperasie klink soos ‘n TV soapie propvol intriges met ‘n spanningsvolle en onsekere einde wat in die volgende paar maande hopelik in ‘n hof geskryf sal word.
AL DIE BESTANDDELE IS DAAR
Die stereotipe held of protogenis: ‘n Geliefde gesinsman wat dekades lank ‘n suksesvolle beleggingsbesigheid bedryf het waarin honderde mense hul afknypgeldjies in hoofsaaklik goud en silwer belê het om vir hul oudag voorsiening te maak;
Die vermeende Boef (antagonis): ‘n Oënskynlik sjarmante en welsprekende diamantmynbaas wat homself geleidelik in die koöperasie inwurm om geld vir sy voortslepende hofsake te soek teen die booswigte wat hom glo sonder vergoeding van sy mynkonsessies in Lesotho beroof het;
Die slagoffers: Honderde goedgelowige beleggers wat rustig hul gang gaan in die wete dat hulle beleggings vir hul oudag en nageslag goed groei in veilige bewaring en enige tyd beskikbaar is vir noodgevalle;
Die klimaks: Skielik is die geld nie meer beskikbaar nie en beleggers hoor daar is ‘n nuwe grondwet wat bepaal dat hulle nie meer in beheer van hul beleggings is nie en alle onttrekkings onderhewig is aan die besluite van die nuwe voorsitter en sy direksie;
Die slot: Die spanningsvolle aanloop tot die slot wat nou deur forensiese ondersoekers in ‘n hof beslis moet word. Is al die geld weg weens ongerymdhede en bedrog, of is alles net ‘n misverstand weens ondeursigtige bestuur en onbegrip?
Dit is min of meer die situasie waarin sowat 450 Xodus Goud-beleggers hulle in dié stadium bevind nadat hulle skielik sedert Februarie verlede jaar nie meer toegang tot hul beleggings kon kry nie en summier geblok of geskors is as hulle te veel vrae gevra het. Talle van die beleggers is bejaarde pensioenarisse wat afhanklik is van gereelde onttrekkings om te oorleef of vir onverwagse mediese uitgawes. Baie van hulle lewe nou in vrees dat hul geld “weg” is en in sommige gevalle moes van hulle reeds van hul persoonlike besittings verkoop om te oorleef.
Aan die spits van dié dreigende bom is die stigter/eienaar van Xodus Goud Koöperasie, Willem Pretorius, wat volgens al die beleggers die “hart” van Xodus Goud is op wie hulle al baie jare lank staatmaak en altyd volkome vertrou het.

Die nuwe voorsitter, Josias Van Zyl, is die omstrede voormalige mynbaas en besturende direkteur van Swissbourgh Diamond Mining wat al sedert 1991 in hofsake gewikkel is teen die Lesotho en SA regerings nadat hy glo sy mynboukonsessies sonder vergoeding kwyt is tydens die bou van die Lesotho Hoogland-waterprojek (Katse-dam) om die Witwatersrand van water te voorsien. Van Zyl eis nou sowat R29 miljard ($1.9 miljard) vergoeding van die SA regering. Die groot vraag op Xodus-beleggers se lippe is nou of hul beleggingsgeld dalk alles vir Van Zyl se voortslepende hofsake gebruik is.
https://acrobat.adobe.com/id/urn:aaid:sc:EU:e43946b5-9990-439d-a550-60b27912ab11

Die skielike ommeswaai in ‘n oënskynlik veilige en betroubare beleggingspraktyk kom nadat beleggers wat al baie jare lank sake en beleggings in veral goud en silwer doen met Willem Pretorius, sedert Februarie verlede jaar skielik toegang tot hul beleggings geweier is. Dié wat sedertdien desperaat antwoorde by Pretorius probeer kry het, is summier geblok of geskors omdat hulle glo Xodus se “nuwe grondwet” oortree het wat onder leiding van die nuwe voorsitter (Van Zyl) en direksie, glo reeds op 15 April 2021, in werking gestel is. (Dit was in die piektyd van die Covid19-pandemie en alle kommunikasie is blykbaar per epos gedoen.)
Die nuwe grondwet, wat nie een van die klaers destyds onder oë gehad het nie, is glo op dié datum op ‘n algemene jaarvergadering eenparig aanvaar. Nie een van die talle beleggers met wie Weskusontheline gepraat het, was egter bewus van dié vergadering of wat daar gesê is nie. Die eerste wat hulle van die “nuwe grondwet” en wat dit alles behels gehoor het, was op die jongste algemene jaarvergadering op 14 Junie vanjaar. Dié vergadering – waaraan beleggers ook aanlyn kon deelneem – is gekenmerk deur bekommerde beleggers wat prontuit hul ontevredenheid en wantroue in Xodus Goud se voorsitter en direksie weergee het. Alle vrae oor waar hul geld is, is met bombastiese beledigings beantwoord. ‘n Belegger wat wou weet hoe hulle die direksie en voorsitter (Van Zyl) kan uitstem, is meedoënloos geroskam en vertel dat hulle (beleggers) geen regte het nie.
Die beleggers bevraagteken nou ten sterkste die wettigheid en “eenparigheid” van die destydse besluit om die uiters omstrede “nuwe grondwet” te aanvaar en beweer hulle sou dit NOOIT aanvaar het as hulle geweet het wat dit behels nie. “Wie het daardie besluit geneem en waar is die bewyse dat dit “eenparig” was as al die lede/beleggers so duidelik daarteen gekant is?”, word gevra.
Die saak word nou op die spits gedryf deur een van Xodus Goud se lede, ‘n Pretoriase sakeman Dian van Zyl, wat op 4 September vanjaar ‘n dringende likwidasie-aansoek teen Xodus Goud en al sy bestuurslede en direkteure in die Pretoriase Hoërhof gebring het nadat hulle geweier het om sy belegging van R2,6 miljoen uit te betaal. Van Zyl voer aan dat Xodus Goud insolvent is en hom en ander beleggers dus nie kan uitbetaal nie. Hy word bygestaan deur nog ‘n jarelange belegger, Rudolph Bührman, wat al sedert 2002 sonder probleme met Willem Pretorius sake gedoen het. Die saak is voorlopig van die rol geskrap om albei partye 15 dae kans te gee om hul voorleggings gereed te kry vir die saak om binne ‘n maand (voor 5 Oktober) voor die hof te dien.
Volgens Xodus Goud se webblad is die “nuwe bestuur” of Raad van Direkteure: Josias van Zyl (Voorsitter), Ian Dunnett (geoktrooieerde rekenmeester/adjunk-voorsitter), Willem Pretorius (Sakebestuurder), Daan Joubert (Tegniese analis), Chris Maakal (IT-spesialis), Evert Huisman (geoktrooieerde rekenmeester) en Basil de Goede (sekretaris en voormalige adjunk-direkteur van Registrateur van Koöperasies. Die nuwe webblad is My Co-op waarop voornemende beleggers as lede kan aansluit by Xodus Goud of vyf ander entiteite: AEM Co-operatives, Amara Capital, WF Group Hongkong Foreign Trust, RBK Batebestuur en Process Turbine. https://mycoop.co.za/
‘n Goue draad wat deur AL die gesprekke met bekommerde Xodus-lede loop, is die skrikbewind wat Van Zyl skynbaar in die organisasie voer met sy bombastiese diktatorskap en dreigemente sedert hy as voorsitter aangestel is. Lede wat die afgelope 18 maande soos gebruiklik by Willem wou hoor wat aangaan, moes hoor dat hy geen seggenskap meer het nie en dat Van Zyl al die besluite neem. Sy (Van Zyl) se woord is wet en daar is niks wat Willem daaraan kan doen nie. Beleggers se pleidooie dat hulle dringend geld van hul beleggings moet onttrek vir noodsaaklike uitgawes, het ook op dowe ore geval en hulle is in Junie meegedeel dat Van Zyl AL die “poele” onbepaald gesluit het tot die XRP-kriptomark herstel.
Ironies genoeg is beide die goud- en XRP-aandelemark tans op ‘n rekord-hoogte, wat beleggers nog meer verwar.
Verbysterde beleggers wat net in edelmetale (goud, silwer en platinum) belê het, wou weet wat die kriptomark te doen het met hul goud-beleggings wat glo “veilig” in ‘n kluis (vault) gebêre word en nog altyd beskikbaar was vir noodsaaklike onttrekkings. Pleks van die vrae te beantwoord, is die “lastige” beleggers wat deursigtigheid en antwoorde versoek het, summier geblok of geskors omdat hulle glo die nuwe “grondwet” oortree het.
“Hoe kan ‘n mens enige grondwet oortree of as lid van enige instelling geskors word deur bloot navraag te doen oor waar jou belegging is en hoekom jy geen onttrekkings meer mag doen nie”, word gevra.
Pretorius se verweer sedert verlede jaar is deurgaans dat Josias van Zyl nou in beheer is en dat hy (Pretorius) NIKS kan doen nie. Toe Weskusontheline hom persoonlik kontak, het hy gesê die beleggers “moet net rustig raak en wag dat die XRP-kriptomark draai.” Pretorius het ook bevestig dat hy geen seggenskap meer het nie, hoewel dit sy onderneming is wat hy in 2002 persoonlik gestig het. Op ‘n vraag hoekom Xodus Goud se webblad skielik toegemaak is, het Pretorius gesê dit is “onder konstruksie”. Die nuwe Xodus-webblad met heeltemal ander inligting is eers na Julie 2025 oopgestel. https://xodusgoud.co.za/
Toe Weskusontheline aandring om self met Josias van Zyl te praat, is gesê Van Zyl het geen selfoon nie en kruip self weg vir “vyande” wat hom dreig. Op verdere aandrang om persoonlik met Van Zyl te praat om sy kant van die storie te hoor, is die joernalis gewaarsku dat Josias ‘n “gevaarlike man met kontake in die onderwêreld is” en dat alle vrae na die direkteure ge-epos moet word. Weskusontheline het by die versoek volstaan om persoonlik met Van Zyl te praat.
Toe Van Zyl ‘n paar dae later wel bel, was daar geen sprake van “gesprekvoering” nie en die joernalis kon skaars ‘n woord inkry. Van Zyl se openlike, bombastiese dreigemente dat “sy mense geïntimideer word” en dat die joernalis “leuens en vals inligting versprei en gereed moet wees vir regstappe” het so handuit geruk dat die joernalis maar die foon doodgedruk het. Die foon-dreigemente is dadelik opgevolg met Whatsapp-boodskappe om al die name van beleggers te verskaf met wie Weskusontheline gepraat het, ens. *Lees volledige boodskap onderaan.
Die stres weens die volgehoue onsekerheid en vrees oor wat van hul noodsaaklike neseier geword het, eis sy tol. Een belegger se man, ‘n kankerpasiënt wat gereeld medikasie moet drink, het in Augustus ‘n hartaanval gehad en moes ‘n pasaangeër kry. Die belegger moet self ‘n rugoperasie ondergaan, maar kan nie die verpligte skandering vooraf bekostig nie. Sedert hulle nie meer van hul beleggingsgeld kan onttrek nie, kan hulle ook nie meer hul mediese fonds bekostig nie.
Die vraag is: Wie is aanspreeklik indien ‘n belegger sou sterf omdat hulle skielik nie meer toegang tot hul beleggingsgeld het vir kritieke mediese sorg, operasies en medikasie nie?
“Wie is Josias van Zyl en watter nuwe grondwet? Ek doen nog al die jare net met Willem Pretorius sake en weet niks van ‘n Josias of Joe nie? Wie het die nuwe grondwet gereël of toestemming daarvoor gegee as ek nie eens daarvan weet nie? Wat het ek verkeerd gedoen behalwe om vrae te vra oor my belegging en redes hoekom ek nie meer geld mag onttrek nie?” Dit is die kern van die vrae wat nou al maande lank vergeefs deur hordes beleggers gevra word. Van hulle is in ernstige finansiële verknorsings en staar bankrotskap in die gesig as hulle nie vinnig toegang tot hul swaarverdiende beleggingsgeld kan kry nie.
‘n Bejaarde belegger wat verlede jaar met kanker gediagnoseer is en ook nie toegang tot haar geld kon kry nie, is sedertdien oorlede en nou kan haar boedel ook nie afgehandel word nie omdat die beleggersgeld onbepaald “vasgehou” word deur Van Zyl en sy direkteure.
Nog ‘n belegger wat al twee dekades lank met Willem sake doen, wil weet hoe ‘n grondwet van ‘n koöperasie sommer net so verander kan word as omtrent niemand eens daarvan weet nie en dit blykbaar totaal teenstrydig is met hul oorspronklike ooreenkoms met die stigter, Willem Pretorius.
Die tientalle beleggers met wie Weskusontheline persoonlik gepraat het, het almal min of meer dieselfde storie. Hulle het jare gelede by Xodus aangesluit omdat hulle van Willem Pretorius gehoor het en hom vertrou het met hul beleggings. Van die beleggers doen al sedert 2002 sake met Pretorius sonder dat hulle ooit probleme gehad het . . . totdat Josias van Zyl skynbaar uit die bloute betrokke geraak het.
Van Zyl se bombastiese boeliegedrag en dreigemente is nóg ‘n kerndraad wat deur almal se ervarings loop.
“Ons word soos stout kinders behandel as ons kernvrae vra? Daar is GEEN deursigtigheid nie en as jy vrae vra, word jy beledig, afgejak en summier geskors? Ons is mos nie werknemers wat afgedank kan word nie – ons soek net ons regmatige geld! As ek geweet het van die ‘nuwe grondwet’ sou ek onmiddellik bedank het en my belegging onttrek het, het ‘n jarelange belegger wat al van haar persoonlike besittings moes verkoop om te oorleef, verontwaardig gesê. Die identiteit van die beswaarde beleggers word weerhou in die lig van die dringende likwidasie-aansoek teen Xodus Goud en sy direkteure.
Tot so onlangs as twee maande gelede het Pretorius nog probeer walgooi deur beleggers te paai om geduldig te wees omdat “Josias wag vir die XRP-kriptomark om te draai”. Vir ander het hy gesê Josias van Zyl het besluit om AL die poele toe te maak en wat Josias sê is wet. Hy (Josias) besluit watter poele oop- of toegemaak word en vir hoe lank.
“Wat het die kripto-mark met ons te doen wat uitsluitlik NET in goud en silwer belê het? Die goudpryse het goed gegroei, so hoekom moet ons nou wag vir kriptomarkte wat moet draai? Ons is herhaaldelik verseker ons beleggings word doodveilig in ‘n kluis (vault) bewaar en dat ons enige tyd onttrekkings kan maak. Dit het ook so gewerk – tot verlede jaar! Hoe kan een man ons geld gyselaar hou sodat ons hoegenaamd géén toegang of beheer oor ons eie geld het nie?” word gevra.
Almal se grootste vrees is nou dat Van Zyl hul beleggingsgeld gebruik vir sy eie persoonlike voortslepende hofsake en dat daar waarskynlik niks meer van hul beleggingsgeld oor is nie.
Xodus-beleggers kon jare lank op verskillende platforms belê wat Willem Pretorius bestuur het – goud, silwer, kripto, platinum, AEM, ens. Sedert Van Zyl se toetrede is daar ook ‘n Burmilla-platform en ‘n Swissbourgh Diamond Mining (SDM)-platform geskep waarin lede kon belê in die hoop om te deel in die winste wat uit Van Zyl se voortslepende hofsaak teen die SA regering sou spruit.
Nog ‘n belegger wat nou vergeefs spook om sy belegging van R2 miljoen in hoofsaaklik silwer en goud terug te kry, is destyds rondom 2014 deur Willem Pretorius aan Josias van Zyl voorgestel in die hoop dat hy groot bedrae geld sou belê in die Burmilla Trust om Van Zyl se regskoste te help finansier. “Gelukkig het ek nie in daardie stadium geld gehad om in die Burmilla Trust ook te belê nie, maar dit was TOE al duidelik dat Van Zyl geld soek vir sy mynbou-hofsake.” Dié belegger bevestig ook wat al die ander sê – hulle was totaal onbewus van die “nuwe grondwet en direksie” en het eers op die jongste jaarvergadering op 14 Junie 2025 daarvan gehoor en regtig besef wat aangaan. Ook dié belegger doen al sedert 2004 sake met Willem en het hom onvoorwaardelik vertrou.
Almal voel dat Willem hulle onder die bus gegooi het en wil weet watter houvas Josias op hom het dat hy so vreesbevange is vir hom.
Beleggers wat desperaat is en soebat om van hul geld te onttrek, word deesdae versoek om ‘n motiveringsbrief persoonlik aan Josias van Zyl te stuur, waarna hy sal besluit of die belegger vir ‘n “noodlening” kwalifiseer. “Moet ek nou aansoek doen om van my eie geld te ‘leen’ omdat Josias van Zyl dit gekaap het? En dan het hy boonop die vermetelheid om te besluit of my ‘nood’ erg genoeg is om te kwalifiseer vir so ‘n lening? Dis mos verregaande!” het ‘n woedende belegger laat hoor.
‘n Ander belegger wat onlangs dringend geld vir private doeleindes nodig gehad het, het sy posisie in ‘n persoonlike brief aan Josias verduidelik om ‘n noodsaaklike onttrekking te doen. Nadat hy weke lank moes wag en kort-kort navraag gedoen het, is hy uiteindelik ingelig dat alle poele gesluit is en geen onttrekkings toegelaat word nie.
Beleggers se besware is:
1. Waar is die deursigtigheid dat ons eers NOU in 2025 ingelig word oor wat die “nuwe grondwet” alles behels as dit glo reeds in 2021 goedgekeur is?
2. Hoe is dit moontlik dat ons beleggings wat vir ons oudag voorsiening moes maak, nou skielik en onbepaald gyselaar gehou word deur ‘n paar direkteure sodat ons GEEN insae en beheer oor ons eie geldsake het nie? Watter finansiële instelling werk so?
3. Josias paai almal as hulle hul geld soek deur te sê hul beleggings doen uitstekend en hulle moet dit langer belê. Maar dit help my niks as my beleggings iewers groei en ek en my gesin dood intussen van die honger nie. Hoe lank gaan Josias nog ons beleggings vashou – die prys van goud en silwer het goed gegroei en dit maak nie sin dat hy ons vertel dis nie nou ‘n goeie tyd om te verkoop as die markte die teendeel bewys nie?
4. Ons moet sy woord aanvaar dat ons beleggings nog veilig in ‘n kluis is, maar waar is die bewyse? Ons het net sy woord en ons het lankal alle vertroue in hom verloor? Ek het nie in papiergeld belê nie, maar in vaste, konkrete goud en silwer. Waar is dit?
Die skrikbewind wat Josias en die bestuur voer om beleggers vreesbevange in die duister te laat, spreek duidelik uit die jongste omsendbrief wat die afgelope week aan alle lede/beleggers gestuur is nadat die probleme by Xodus Goud prominent in die media gepubliseer is. In die omsendbrief word lede/beleggers basies net drie opsies gegun: 1. Om te bedank, waarna hulle 6 tot 12 maande moet wag vir voorwaardelike uitbetaling van hul beleggings, 2. Aanvaar die huidige grondwet waarin beleggers geen inspraak, insae of beheer oor hul geld het nie; 3. Verbeur jou belegging en alle regte deur onmiddellike skorsing.
https://acrobat.adobe.com/id/urn:aaid:sc:EU:362bf388-fb7a-4578-87c2-8a3b522ee505
Die implikasie hiervan behels dat as lede nie voor of op 28/29 September hul keuse uitoefen en reageer nie, die direksie sal aanvaar dat hulle “ongelukkig” is met die huidige toedrag van sake en hul lidmaatskap onmiddellik beëindig word.
Rudolph Bührmann wat saam met Dian van Zyl die dringende likwidasie-aansoek dryf, meen ‘n likwidasie-aansoek is nodig om ‘n Mandament van Spolie af te dwing om Xodus Goud tot sy aanvanklike grondwet te herstel. “Indien die likwidasie nie plaasvind nie, kan AL die gespolieerde eiendom verdwyn. Deur likwidasie kan die direkteure se eiendom ook ingetrek word om verdwene eiendom te verhaal”, het Bührmann gesê. *Spoliation: This is the urgent court order that restores the previously dispossessed party to their former peaceful and undisturbed possession of the property.
Dié wat die likwidasie-aansoek steun, meen likwidasie is die beste opsie omdat dit die “verantwoordelike raadslede verantwoordbaar hou vir die daarstelling van ‘n kriminele nuwe grondwet wat NOOIT deur die korporatiewe raad as goed en geldig verklaar is nie”.
Hieronder is van die omsendbriewe wat beleggers vroeg in 2021 tydens die Covid pandemie-chaos per epos ontvang het waarin hulle gevra is om aanlyn te reageer of te stem vir ‘n nuwe “grondwet” wat hulle nog met geen oog gesien het nie. Baie van die Xodus-beleggers is bejaarde pensioenarisse wat nie eens rekenaars het of rekenaarvaardig is nie en dus nie aan aanlyn-gesprekke of stemmery kan deelneem nie – veral nie as hulle nie eens weet waaroor dit gaan nie.




Die dreigemente wat Weskusontheline onmiddellik per whatsapp ontvang het nadat ons vergeefs probeer het om ‘n selfoongesprek met Van Zyl te voer om sy kant van die saak te hoor.
“Your ongoing threats promoted to intimidate Xodus and its directors, promoted on the back of false allegations, will not be tolerated. You have been requested to identify the so-called Xodus members you allege to be representing as well as to identify the media outlet you are allegedly representing.
Xodus will continue its activities in term of the provisions of the Co-Operative Act, 1991 [Act 91 of 1981] as mended and its constitution and will not accede to your threats and intimidation. The amended Xodus constitution was approved by the Registrar and unanimously approved by its members during 2021.
Your threats also contain defamatory allegations; you are to desist from this unlawful practice directed at Xodus and its directors. Xodus will not respond to any of your phone calls, text or voice messages. You are to provide Xodus with the identity of the members’ so-called enquiry in writing to which Xodus will respond to in writing.”
All the rights of Xodus and its directors are expressly reserved – J van Zyl Chairman Xodus Gold Co-Operative Ltd 17 July 2025
Weskusontheline se joernalis is nie die enigste wat onder Josias van Zyl se bombastiese aanvalle deurgeloop het nie. Lees gerus ook die artikel in Moneyweb waarin Ryk van Niekerk ook antwoorde uit Josias Van Zyl probeer kry het: https://www.moneyweb.co.za/in-depth/investigations/xodus-gold-board-expels-members-amid-growing-investor-revolt/
Background of Josias van Zyl’s almost three decades long legal battles
https://acrobat.adobe.com/id/urn:aaid:sc:EU:e43946b5-9990-439d-a550-60b27912ab11
Mine magnate Josias van Zyl has been involved in decades-long legal battles, primarily concerning the expropriation of his Swissborough Diamond Company’s mining rights in Lesotho in 1989 by the Katse Dam project, which sunk the concessions. Frustrated by a lack of compensation, Van Zyl pursued legal avenues in Lesotho, South Africa, and the SADC regional court, which was later dissolved under controversial circumstances. He currently seeks damages from South Africa, claiming complicity in the denial of his recourse and alleging the unconstitutional disbanding of the SADC Tribunal which he had turned to for a resolution.
Background of the Dispute
Lesotho Mining Rights
In 1988, Van Zyl’s Swissborough Diamond Company obtained five mining leases in Lesotho.
These leases were later submerged by the Katse Dam, a joint venture between South Africa and Lesotho.
Lack of Compensation:
Van Zyl was never compensated for his losses by the Lesotho military junta or the South African state.
Early Efforts:
Van Zyl first pursued legal action in Lesotho and then turned to the SADC Tribunal in 2011.
Dissolution of the SADC Tribunal:
The tribunal was dissolved in 2011 at the behest of then-President Jacob Zuma, reportedly to shield the Zimbabwean and South African governments from potential legal challenges.
South African Court Case:
Van Zyl launched a multi-billion rand claim against the South African government in the Gauteng High Court, arguing that South Africa was complicit in denying him recourse and was responsible for the disbanding of the SADC Tribunal.
Constitutional Court Ruling:
In 2019, South Africa’s Constitutional Court ruled that Zuma’s role in suspending the SADC Tribunal was unconstitutional and unlawful.
Supreme Court of Appeal (SCA):
In March 2022, the SCA made a ruling that could “reignite” the legal saga, providing a potential path forward for Van Zyl’s compensation claims.
Current Status and Claims
* Van Zyl continues to fight for nearly R29 billion (approx. $1.9 billion) in compensation.
* He argues that South Africa is liable for its support in the SADC Tribunal’s disbandment, which removed his avenue for justice.
Adiamond mining company has filed a R29.9-billion claim against President Cyril Ramaphosa and his government as a near three-decade-long dispute over expropriated diamond mining rights in Lesotho reaches South African courts again.
Josias van Zyl, MD of Swissbourgh Diamond Mining, is arguing that South Africa is liable to pay him damages for, among other reasons, its “unconstitutional” and “unlawful” support in disbanding the Southern African Development Community (SADC) Tribunal at a SADC summit in 2014.
[10] This case has a long and convoluted history. The appellants displayed an obsessive attention to peripheral facts and factoids and their affidavits raise speculation to the level of fact and thereafter raise argument based on the speculation.3 And as in the Kaunda case, this case has been complicated by the appellants’ excessive demands and the form in which the notice of motion was framed.4 In what follows I intend to limit myself to the salient facts. They are briefly related at this juncture to set the stage for a more detailed discussion where and when required. [11] The RSA and the Kingdom of Lesotho concluded a treaty concerning the Lesotho Highlands Project on 24 October 1986. The main purpose of the project was to supply water to the Witwatersrand from a dam that had to be built in Lesotho.
Goeie en akkurate weergawe van die saak. Likwidasie is die beste opsie, die verantwoordelike raadslede staan pa vir diedaarztelling van die kriminele nuwe grondwet wat NOOIT deur die korporatiewe raad as goed en geldig verklaar is nie.
Baie dankie – kom ons glo geregtigheid geskied VINNIG en DOELTREFFEND in die hof!
Brilliant journalism Elsa.
Bravo
Thank you, Charl – Let’s BELIEVE justice will prevail soon and speedy!
Ek wonder hoekom niemand nog daarop gewys het dat die Koöperatiewe Wet waarna J van Zyl so dikwels verwys (Wet 91 van 1981) herroep is deur die Koöperatiewe Wet 14 van 2005 nie.
Baie dankie Andries – dit geniet wel aandag in die hofsaak!