WATERKRISIS, PADBOUWERKE, ONWETTIGE STRUKTURE – SBM SE ANTWOORDE

Die sloerende padbouwerke aan Oostewalstraat in Langebaan, die huidige waterkrisis en die onwettige strukture in Hopland het inwoners aan die kopkrap oor wat die werklike situasie is.

Die feit dat ‘n munisipale bestuurder steeds nie in die plek van die geskorste Dr Louis Scheepers aangestel is nie, asook wáár die water vir bouwerk aan die KROPZ/Elandsfontein-myn tot dusver vandaan gekom het (en vandaan gáán kom gedurende die mynproses), wek ook kommer.

Weskusontheline het verlede week die volgende vra aan die Saldanhabaai Munisipaliteit gestel. Hier is die antwoorde onveranderd:

 

WKOTL:  Die huidige waterkrisis in die Wes-Kaap en Weskus raak alle inwoners en nywerhede en Stad Kaapstad reik voortdurend persverklarings uit oor die stand van die damme. Wat is die situasie aan die Weskus? Daar is tweespalt en gerugte dat die Weskus se situasie minder benard is omdat “ons” damme nog vol is? Kan iemand asb. verduidelik wat die huidige posisie is rakende damme wat die Weskus voorsien?

SBM Bestuurder: Hooftoevoer Water en Sanitasie:  

“Saldanha Bay Municipality receives water from the Berg River System. The Berg River is also supplied from the Voelvlei reservoir. Water is abstracted from the Misverstand weir and pumped to the treatment works at Withoogte. Misverstand is kept at an acceptable level in order to pump water daily to Withoogte.

Misverstand is not a holding dam. The system that feeds Misverstand is under threat, the levels in the Berg River and at Voelvlei dam is low, hence the reason for the increased level of water restrictions. We need to preserve the resource. Winter rain is only forecast for May, with a lower than normal rainfall pattern expected.

The Voelvlei Dam that supplies Saldanha Bay Municipality is currently at 23.5% and the Berg River is at 35.7%. Even though the Misverstand Weir is kept at between 95-99%, the system which supplies Misverstand is severly under threat.”


WKOTL: Waar het die Elandsfontein/KROPZ-fosfaatmyn TOT DUSVER sy water gekry om ‘n multi-miljoenrand infrastruktuur te bou? Is dit kraan/drinkwater? Die myn het nog NIE sy noodsaaklike geïntegreerde watergebruiklisensie nie en sou in die eerste drie jaar van bedryf (wanneer begin MYN word) sy water van die SBM kry totdat pypleidings gebou is na die waterverwerkingsaanleg in Saldanhabaai. Is dié ooreenkoms nog haalbaar in die huidige waterkrisis? Is dit kraan/drinkwater en hoeveel water moet daagliks aan die myn gelewer word wanneer daar begin myn word?

SBM Bestuurder: Hooftoevoer Water en Sanitasie:

“For the construction of the mine, water is received from Saldanha Bay Municipality. Normal potable water is being used for the construction activities on the mine. The original estimate for daily water usage at the mine was 2.4Ml per day, this has now been reduced to 1.6Ml per day. This is a 33% saving from the original estimated consumption.

The daily usage of the mine will equate to approximately 4% of the total daily usage within the total municipal area. The agreement regarding the re-use of treated effluent by the mine is still in place.”


(Dit is nog onbekend hoeveel drinkwater die myn die afgelope 18 maande tydens die konstruksiefase gebruik het nie. )

WKOTL: Die pad voor SPAR sou op 1 April voltooi gewees het en alle paaie en dienspaaie sou teen Paasnaweek voltooi gewees het. Wat is die jongste situasie met die padwerke in Langebaan se hoofstraat en wanneer sal die paaie/dienspaaie in die dorp voltooi wees?

 

SBM Senior Bestuurder: Projekbestuurseenheid:

“The completion date for the roads is 24 April 2017, according to the contact, which is after the Easter Weekend.”

 

WKOTL: Die landskapontwerp vir die sypaadjies, middelman en verkeersirkels in Oostewalstraat is volgens mnr. Michael Mullins van RJ Mullins Civils onlangs verander. Wat behels dié veranderinge en wanneer sal dié werk aan die sypaadjies, ens. by benadering voltooi wees? My vorige vraag oor watter plante/struike, ens. daar geplant gaan word, ens. is nie beantwoord nie?

SBM Senior Bestuurder: Projekbestuurseenheid is versoek om met u kontak te maak om u te verwittig wat in die vooruitsig gestel word.

 

WKOTL: Die onwettige strukture by Hopland is steeds nie verwyder nie. Hoekom kry “gewone” huiseienaars opdrag om dadelik onwettige strukture te verwyder, maar word daar so gesloer om onwettige strukture by Hopland te verwyder wanneer dit ‘n groot brand- en gesondheidsgevaar inhou? Hoe langer daar gesloer word om dit te verwyder, hoe meer verrys oornag . . . ?

SBM: Onwettige strukture word aangespreek ingevolge die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde (Wet 103 van 1977).

Kennisgewings word beteken op grondeienaars wat ongemagtigde bouwerk uitvoer. Indien eienaars nie reageer op kennisgewings nie, moet die Raad by die hof aansoek doen vir ‘n slopingsbevel om die strukture/bouwerk te sloop. Hierdie proses is tydrowend en het nie altyd die gewenste uitkoms nie.

 


WKOTL: Die SBM het nou al baie lank nie ‘n munisipale bestuurder nie weens verskeie faktore. Wat is die huidige situasie en wanneer kan ‘n aanstelling verwag word?

SBM: Die Raad het reeds begin met die aanstellingsproses.

___________________________________________________________________________________________________

Bogenoemde antwoord werp min lig op die situasie. Haakplekke met die aanstelling van ‘n nuwe munisipale bestuurder het al verlede jaar opgeduik. Weslander het in November soos volg berig:

Scheepers se salaris bo maksimum

Dr. Louis Scheepers, SBM se voormalige munisipale bestuurder.

Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) se aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder ervaar reeds sy eerste haakplek.

By ’n spesiale raadsvergadering wat Woensdag 16 November gehou is, het dit aan die lig gekom dat die maksimum salaris wat die nuwe munisipale bestuurder kan verdien, volgens die munisipale kategorie waaronder SBM val, R1 475 180 per jaar is. Dié bedrag sluit ’n toelaag van 10% in wat deur die raad goedgekeur is.

Die probleem wat SBM se raad egter nou in die gesig staar is dat die voormalige munisipale bestuurder, dr. Louis Scheepers, R1 800 582,94 per jaar verdien het. Daarbenewens verdien SBM se hoof finansiële beampte R1 507 500,67 per jaar, terwyl die ander drie direkteure salarisse van tussen R1 315 810,61 en R1 244 039,32 per jaar verdien.

Dus het ’n situasie ontstaan waar SBM se nuwe munisipale bestuurder minder as sy direkteure kan verdien. Altesaam agt senior bestuurders by SBM verdien ook gemiddeld R1 160 476,15 per jaar.

Scheepers het op 24 Oktober die trekpas gekry weens die gebrek aan ’n minimum kwalifikasie waaraan alle munisipale finansiële amptenare moet voldoen.

By vandeesweek se spesiale raadsvergadering is die raad egter aanbeveel om by die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, aansoek te doen vir ’n kwytskelding van die voorgeskrewe salarispakket vir die nuwe munisipale bestuurder. Munisipaliteite word in buitengewone omstandighede toegelaat om vir die kwytskelding aansoek te doen.

Jaco Kotze, SIA-raadslid, was die enigste raadslid wat die aansoek teengestaan het.

Joubert Skei, ANC-hoofsweep, en Thulani Khulu, EFF-raadslid, was dit eens dat ’n geskikte kandidaat nie gekry sal word as die persoon moet weet dat hy of sy minder verdien as sy of haar direkteure nie.

Salarisse van senior munisipale amptenary word bereken volgens die TASK-graderingstelsel. SBM as ’n B-munisipaliteit val in kategorie 4.

Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van Swartland-munisipaliteit, ook ’n B-munisipaliteit, verdien twee van hul senior bestuurders ook in die miljoene.

Marius Koen, uitvoerende burgemeester, het by die raadsvergadering ’n keurkomitee aangewys om die aanstelling van die nuwe munisipale bestuurder te behartig. Die komitee bestaan uit: Koen, Venty Vaughan (onderburgemeester), Skei, DA-raadsheer Elize Steyn en ’n eksterne munisipale bestuurder.

Woensdag se raadsvergadering het gevolg ná ’n kworum nie by Vrydag 11 November se spesiale raadsvergadering bereik kon word nie, waar dieselfde item in komitee bespreek sou word. Die ANC het voor Vrydag se vergadering vir Weslander besoek en verduidelik hulle kan nie raadsvergaderings bywoon as hulle op te kort kennisgewing eers die agendas ontvang nie, en dat die item ter sprake, ook nie in komitee kan wees nie omdat dit in openbare belang is.

Khulu, wat ook nie Vrydag se vergadering bygewoon het nie, en Kotze, wat wel het, het die ANC se misnoeë gedeel. Volgens inligting het raadslede die agendas vir Vrydag se vergadering eers Donderdag om 16:00 ontvang, met die opposisiepartye wat aanvoer die agenda moet 72 uur voor die tyd aangestuur word.

Daniels het Dinsdag ’n navraag van Weslander oor dié aangeleentheid beantwoord en gesê die “kennisgewing van die vergadering was binne reëls” en dat die item “konfidensiële inligting bevat het”, waaroor sy haar oordeel moes gebruik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *