Stryd om Langebaan-strandmeer te red woed tot in Kaapse Hoër Hof

‘n Mens kan nie help om jou hoed af te haal vir die onvermoeide en volgehoue stryd van ‘n groep passievolle Weskussers om hul geliefde Langebaan-strandmeer tot in die hoogste hof te beskerm teen ondeurdagte besluite en projekte deur gierige politici wat tot die onomkeerbare verwoesting van dié beskermde gebied en sy florerende toerismebedrywe kan lei nie.

 

Die aksiegroep Save Langebaan Lagoon voel só sterk oor die planne van die uiters omstrede departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) om ‘n gebied van 884 hektaar aangrensend aan die strandmeer in ‘n akwakultuur-ontwikkelingsone met vinvishokke en seeplaasboerderye met oesters en mossels te omskep, dat hulle bereid is om tot R2 miljoen op te dok om die goedkeuring vir dié projek in die Kaapse Hooggeregshof te laat hersien.

 

Die probleme met veral vinvis-seeboerdery – wat veral in die kouer (eerstewêreldse) Skandinawiese lande soos Noorweë op groot skaal beoefen word – is legio weens grootskaalse besoedeling, visvrektes en vis wat uit die hokke ontsnap en natuurlike visspesies bedreig.

In Suid-Afrika – en veral die Wes-Kaap (Kaap van Storms) – met sy onvoorspelbare woeste branders tydens springgety is dit reeds bewys dat die hokke nie bestand is teen die woeste waters en die Mariene Groot Vyf (walvisse, haaie, dolfyne, robbe en pikkewyne), asook seevoëls, nie. Vorige videos het reeds getoon hoe die robbe langs die weskus binne-in die hokke baljaar . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voorts vereis dié projek baie streng wetenskaplike navorsing en opleiding ten opsigte van voeding, wat groeihormone, antibiotika, chemiese plaagdoders, ens. insluit sodat werkskepping beperk is tot ‘n handjievol deskundiges. Baie streng beheermaatreëls en polisieëring is ook nodig om siektes, wanvoeding, wanpraktyke en besoedeling weens afvalstowwe wat op die seebodem beland, te monitor.

 

 

 

 

 

 

 

Die skokkende statistiek oor perlemoenstropery en -smokkelary waarby Wes-Kaapse bendelede en DAFF-amptenare toenemend betrokke is, is sprekende bewys daarvan dat DAFF en ander owerhede nie eens in staat is om die bestaande perlemoenbedryf te beheer en te bestuur nie.

 

 

Watter ervaring, kundigheid en politieke wil sal daar wees om ‘n gespesialiseerde en baie riskante bedryf soos vinvisboerdery in die weskus se waters te beheer en te bestuur as baie eerstewêreldlande selfs daarmee sukkel in kalm riviere ?

https://www.timeslive.co.za/…/2018-06-13-government…/
https://www.timeslive.co.za/…/2018-08-18-robbery…/

Die see rondom Saldanhabaai se hawe is reeds so erg besoedel dat Dr Barry Clarke al jare lank waarsku teen toksiteite in skulpdiere soos mossels en oesters – kan die see daar nóg ‘n bedryf met potensieel hoë besoedelingsgevaar bekostig? Sal jy vis eet wat vol pille, groeihormone, antibiotika en plaagdoders gepomp is?
En watter langtermyn-impak sal dit hê op die ongerepte Langebaan-strandmeer – een van die wêreld se beskermde Ramsar-gebiede en ‘n top-bestemming vir vlieër-branderry (kite surfing) en ander watersporte?


Die volgende twee videos is baie insiggewend oor wat selfs in eerstewêreldlande aangaan in dié opportunistiese vinvisbedryf . .

https://www.youtube.com/attribution_link
https://www.youtube.com/attribution_link

Kyk asb. ook die onderstaande video en lees gerus meer hier hoe jy betrokke kan raak om Langebaan se lewensaar van politici se ondeurdagte planne en rampspoedige gevolge te help red – voor dit vir altyd te laat is:

http://savelangebaanlagoon.co.za/

YOUTUBE.COM
Planned large scale industrial Aquaculture Development Zone threatens unique bay and…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *