Die weskus wemel van interessante karakters en mense met wonderlike, unieke stories en staaltjies. Al is baie van die “hoofkarakters” in sulke stories waarskynlik al lankal dood, leef hulle voort in oorlewering. Daar is dikwels ‘n skatkis vol staaltjies en kostelike of tragiese verhaaltjies in menige gebore weskusser se huis of hart. Ons wil graag dié stories hoor en deel met die gemeenskap. Stuur vir ons JOU storie en foto’s en ons maak seker die wêreld lag en/of huil saam . . . of dit nou visstories, noue ontkomings op die viswaters, spookstories of sommer net lekker boeiende verhaaltjies uit vervloë dae langs die weskus is, ons lees en luister graag saam! Die beste weskus-storie sal volgens lesers se reaksie in aanmerking kom vir ‘n maandelikse boekprys!