Langebaan en omgewing spog met talryke talentvolle en bekroonde skrywers, sangers, musici en kunstenaars. Ons spog graag met ons mense en wil ook seker maak die res van die wêreld weet van hulle! Laat weet ons gerus van sulke uitblinkers in die gemeenskap. Die meeste talentvolle mense is gewoonlik beskeie en sku vir publisiteit, maar dis hoekom ons sommer namens hulle hul beuel sal blaas. Dis immers ons reg om trots te wees op ons mense en dis ONS wat spog met hulle, nie hulleself nie . . . !