Morné Postma verruil sy vlerke vir musiek
Morné het as kommersiële vlieënier en later graad 2 multi-enjin-vlieginstrukteur meer as 8 jaar voltyds gevlieg en deeltyds musiek gemaak.
Ná meer as 4000 vliegure op sy kerfstok het hy na Montagu in die Wes-Kaap verhuis om hul familieplaas saam met sy vrou te bestuur, en sy passie vir musiek en sy debuutalbum ‘n realiteit te maak.
Morné en die musikant en liedjieskrywer Wouter van de Venter het einde 2015 die liedjies begin skryf en kort voor lank is sy debuutalbum “Bloutrein” gebore. Hy het die bekende liedjies Rooiwyn & Candlelight van Gian Groen en Klaradyn van Christoph Kotze ook opgeneem.
Die album is by Fine Tune Studio in Langebaan op die Weskus opgeneem, en is verwerk deur Wouter van de Venter & Chereé Strydom.
Die musiekvideo van die titelsnit “Bloutrein” is ook pas vrygestel.
Youtube: Bloutrein Morné Postma – https://www.youtube.com/watch?v=IFLWD5qzncs
Facebook Blad: https://www.facebook.com/mornepostma001
Webtuiste: www.mornepostma.co.za
Vir meer inligting, promosies, onderhoude, foto’s en snitte, kontak: Anita van de Venter | 076 486 5050 – Blue Division Entertainment | Musiekhuis | Tel: 076-486-5050
anita@bluedivision.co.za | anita@musiekhuis.co.za |www.bluedivision.co.za | www.musiekhuis.co.za