Niks soos Vitamien SEE en SON om jou gesond te hou nie!

Goeie nuus vir weskussers wat lief is vir die son, see en saffier is dat die son toe NIE die gevaarlike vyand is teen wie jy jouself met lae klere en sonbrandmiddels moet beskerm nie.
Inteendeel – die omgekeerde is waar. Te MIN direkte sonlig is net so gevaarlik soos om te rook omdat dit akute Vitamien D-tekorte veroorsaak. Al hoe meer navorsing en bewyse oor die afgelope tien jaar dui daarop dat direkte sonlig op groot dele van die vel noodsaaklik is vir die liggaam om genoeg Vitamien D te vervaardig. Dis juis ‘n TEKORT aan sonblootstelling en gevolglike Vitamien D 3-tekorte wat ‘n groot bydraende faktor is tot die epidemie van hedendaagse siektes soos kanker, asma, suikersiekte en kardiovaskulêre siektes, asook outo-immuunsiektes soos veelvuldige sklerose.

Ons weet lankal dat bleeksiele en mense wat in koue, donker plekke bly waar die son selde skyn, meer geneig is tot depressie en ‘n laer weerstand teen algemene siektes soos verkoue en griep het. Die konvensionele mite dat jy jouself altyd van kop tot tone teen die “skadelike” direkte sonstrale moet beskerm, word egter toenemend nek-omgedraai deur ‘n groeiende aantal navorsers wie se jongste bevindinge in die Jounal of Internal Medicine gepubliseer is. Volgens dié bevindinge het tot 50% van die hedendaagse bevolking ‘n Vitamien D-tekort, terwyl 80% babas aan dié tekort ly.

Dié bewyse staaf wat die gerekende navorser Michael Holick (MD, PhD) reeds ‘n dekade gelede gesê het. Holick het toe al gewaarsku dat dit baie gevaarliker is om direkte sonlig te vermy as wat die risiko van velkanker regverdig – vir elke mens wat velkanker vryspring deur direkte sonlig te vermy, sterf meer as 100 weens ander soorte kankers (veral prostaat-, bors- en kolonkanker) as ‘n direkte gevolg van akute Vitamien D-tekorte.

En soos hulle sê: The proof lies in the pudding. Kyk na die natuur rondom jou en na mense wat ‘n gesonde en aktiewe buiteluglewe lei versus huishoenders wat selde in die natuur en in direkte sonlig kom. Natuurlik binne perke – TE veel van ‘n goeie ding het ook nadele. Natuurlik is daar ook mense met sensitiewe velle, velsiektes en onderliggende toestande wat hulle “allergies” vir sonlig maak. Te veel son kan ook jou vel uitdroog, voortydig verouder en plooie gee! (Sonbeddens is NIE ‘n plaasvervanger vir direkte sonlig en die vervaardiging van Vitamien D nie en is, inteendeel, skadelik. )
Lees meer hier: http://www.greenmedinfo.com/…/new-study-shows-avoiding-sun-…

wes8 (2)weskus35wes6 (2)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *