Baie inwoners kla dat hulle nie verstaan hoe die tariewe vir koopkragmeters werk nie en wil weet of daar ‘n prysverskil is op grond van watter tyd van die maand jy krag koop. Is dit goedkoper aan die begin van die maand of maak dit nie ‘n verskil watter tyd van die maand jy krag koop nie?
Dit blyk die antwoord is eenvoudig – hoe meer krag jy gebruik, hoe meer gaan jy opdok?
Die Saldanhabaai Munisipaliteit het soos volg op weskusontheline.co.za se navrae reageer:
Die tariewe word bepaal afhangende van die kitskrag-meter wat by die woning geïnstalleer is. Somige huishoudings het ‘n 40 ampère meter, terwyl ander huishoudings ‘n 60 ampère meter het.
Kitskrag-verkope werk volgens ‘n blok-tarief of glyskaal. Hoe meer krag jy koop, hoe duurder die tarief. Hierdie tarief is vanaf die eerste tot die laaste dag van die maand van toepassing.
Die SBM se 2016/2017 Tariewe vir 1.4 (40 ampère) en 1.5 (60 ampère) wat van toepassing is vir kitskrag-verbruikers, per maand:
1.4 (40 ampère) :
Blok 1 (0-50 kwh) R1.2668 per kwh
Blok 2 (51-350 kwh) R1.3774 per kwh
Blok 3 (351-600 kwh) R1.5177 per kwh
Blok 4 (bo 600 kwh) R1.7005 per kwh
1.5 (60 ampère) :
Blok 1 (0-50 kwh) R1.3280 per kwh
Blok 2 (51-350 kwh) R1.4524 per kwh
Blok 3 (351-600 kwh) R1.6099 per kwh
Blok 4 (bo 600 kwh) R1.7005 per kwh
