CARTE BLANCHE : KYK SELF
Mense wat gisteraand die omstredenheid rondom die Elandsfontein-fosfaatmyn op Carte Blanche gevolg het, skud die kop in ongeloof oor die bewese wanpraktyke waarmee weggekom is en die volgehoue sluier van geheimhouding wat die hele projek omhul.
As die Departement van Waterwese nou nog nie eens wil bevestig of ‘n watergebruiklisensie wel aan die myn toegestaan gaan word nie, wonder ‘n mens hoe ‘n maatskappy toegelaat is om intussen ‘n infrastruktuur van R800 miljoen op te rig en bykans 1 000 mense aan te stel. Die Departement van Minerale Hulpbronne weier ook om te reageer op vrae rondom die ongerymdhede met die toekenning van die mynlisensie.
Intussen hang ‘n Hooggeregshofsaak soos ‘n donker mynstofwolk oor die miernes van bedrywighede by die aanleg waar ‘n geskatte 15 000 ton gemynde fosfaaterts glo daagliks verwerk gaan word en padlangs per vragmotor na Saldanha-hawe vervoer gaan word. Daar is ook sprake dat ‘n kortpad deur private grond afgedwing gaan word om die afstand te verkort.
Dat die direkteure van KROPZ SA steeds agter obskure anonimiteit wil skuil, is kommerwekkend en versterk geensins vertroue en deursigtigheid nie . . .KROPZ International is glo bo alle wetgewing verhewe . . . ?
Wie was betrokke by die toekenning van die mynlisensie en wie se geld sit regtig agter KROPZ SA?
KROTZ SA het vroeër in ‘n indrukwekkende dubbelblad-advertensie aangekondig dat die fosfaatmyn nodig is om in SA se kritieke toekomstige voedselsekuriteit te voorsien . . . glo omdat SA 60% van sy kunsmisbehoeftes moet invoer (ondanks die yslike en ewe omstrede fosfaatmyne elders in die land). Maar nou gaan KROTZ dit weer uitvoer . . . of hoeveel gaan vir die plaaslike mark beskikbaar wees?
Kyk gerus na Carte Blanche se onafhanklike en onpartydige ondersoek en besluit self of ‘n maatskappy wat so omstrede is en soveel kortpaaie vat, vertrou kan word om nie die kwesbare ekologie en ondergrondse waterbronne van die hele streek te verwoes nie.
Lees ook: http://www.timeslive.co.za/sundaytimes/opinion/2015/11/15/So-little-water-so-much-poor-management-of-it#.V6SGC0szTn8.facebook
Criminal charges following toxic spill in Kruger National Park

