Na aanleiding van Carte Blanche se openbare onthulling Sondag dat die mynlisensie aan Elandsfontein Exploration & Mining (EEM) inderdaad onwettig en teen die uitdruklike bevinding en aanbeveling van die Nasionale Departement van Minerale Hulpbronne toegeken is, wonder ‘n mens maar net – wat NOU?
Die feit dat EEM (nou die spookmaatskappy KROPZ SA) hom nie steur aan ‘n hangende Hooggeregshofsaak of die feit dat hy nog nie ‘n watergebruiklisensie het nie, wek al hoe meer die indruk dat hier magsmisbruik en ‘n geknoei aan die gang is.
Die Departemente van Minerale Hulpbronne EN Waterwese se daaropvolgende stilswye en weiering om kommentaar te lewer, asook die feit dat KROPZ steeds weier om sy direkteure bekend te maak, maak mense al hoe meer bekommerd oor die vraag of die Weskus se natuurskoon, waterhulpbronne en ekologie wel in betroubare en bevoegde hande is met dié omstrede mynprojek.
Die Nasionale Departement van Minerale Hulpbronne sou nie ligtelik en sonder grondige rede bevind het die mynprojek hou te veel bedreigings vir die Weskus-omgewing se unieke ekologie en die Langebaan Lagoon in nie. Hoe kan só ‘n beslissing goedsmoeds verontagsaam en geveto word deur ‘n waarnemende streeksbestuurder . . . en hoekom is dit nooit reggestel nie?
Hieronder is ‘n skrywe wat die Weskus-Omgewingsbewaringsassosiasie (WOBA) op 9 Augustus 2016 gepubliseer het met ‘n foto van die besluitnemingsrekord van die DMR se subdirektoraat Omgewingsbestuur waarin die mynprojek teengestaan word. Die mynregte is egter reeds twee dae voor die ontvangs van dié besluitnemingsrekord “onwederregtelik?” deur ‘n waarnemende streeksbestuurder van die DMR toegeken.
Dit blyk dat dié omstrede kwessie net deur ‘n Hooggeregshofsaak beslis kan word, waarvoor WOBA nou opnuut geld moet insamel met ‘n internasionale veldtog om teen die geheimsinnige en ooglopend skatryk mynbase te baklei.
Lees ook die agtergrond van die omstrede mynkwessie wat van die begin af hewige twis en verdeeldheid gesaai het.
‘n Skakel na Sondag se Carte Blanche-program is ook aangeheg.
“Dear Friends, it’s been a long road. Full of ups and downs, but WE ARE ALMOST THERE! The High Court case consisting of over a 1000 pages of evidence of non-compliance by the mine (EEM) and the Department of Mineral Resources (DMR) were handed in. The case is being handled by Cullinans and Associates, one of the top green attorneys in the country. The advocates appointed were involved with the Marikana case and are extremely positive about the outcome of this case. EEM has responded indicating that they will oppose the case.
The WCEPA appeals to all of society to support this very important case, which cuts to the core of our Constitutional, Human, Cultural and Water Rights. We appeal to you to support us, in order to safeguard our local economy (farming, fishing, tourism, mari-culture and conservation) by safeguarding our ecosystems which are dependent on the Elandsfontein aquifer.
You have the power!
The question is not if we can afford to pay for the court case, the question is, can we afford not to? Can we afford to live with the consequences?
The picture is taken from the Record of Decision (ROD) from the DMR Environmental sub-directorate. This ROD document is what empowers the Minister to base his decision on, when granting a mining right. The mining right was granted by a Acting Regional Manager of the DMR two days before the ROD was even handed in. Is this another symptom of corrupt individuals within the government? Don’t let corruption ruin your livelihood.”
https://www.givengain.com/cc/wcepa
http://www.iol.co.za/c…/west-coast-strip-mine-outcry-1857092
http://carteblanche.dstv.com/player/1125254
