Weskus-Liefde : KYKNET SPEEL CUPIDO IN WESKUS

KYKNET soek Weskussers vir werklikheidsprogram Vlerksleep!

KYKnet se vervaardigers het weskusonTheline nou gekontak – hulle soek enkellopende Weskussers wat wil deelneem aan die TV-werklikheidsprogram VLERKSLEEP.

vlerksleep

 

 

 

Is jy enkellopend? Soek jy al ’n rukkie na iemand wat jou hart moet laat warm klop? Het jy ’n borrelende persoonlikheid en is nie sku vir ’n kamera nie? Dalk weet jy ook van ’n goeie vriend, vriendin of familielid wat ’n opsitkers wil aansteek?

Dan is Vlerksleep die oplossing!

Vlerksleep is kykNET se nuwe werklikheidsreeks en beoog om ’n paar mense, wat na liefde soek, se lewens onherroeplik te verander.

Met dié program wil kykNET enkellopende deelnemers en vier potensiële hartediewe die kans gun om ’n pasmaat te ontmoet.

Maar, daar is ook ’n vangplek. Die enkellopende deelnemer moet hul keuse maak deur eers by die vier hartediewe se vriende en familie vlerk te sleep. Só moet hulle meer oor die hartediewe uitvind sonder om hulle te ontmoet.

Uiteindelik, na die ontmoetings met die familie of vriende, moet die deelnemer net een hartedief vir die finale afspraak kies.

Hy of sy sal dan die hartedief vir ’n eerste afspraak in die vlees ontmoet – net om uit te vind of dit die regte keuse was (of nie).

 

love1

Klik op die skakel hieronder of jy kan ’n e-pos stuur na kyknet@kyknet.co.za.

Inskrywings vir Vlerksleep skop op 12 Februarie af. Die vervaardigers sal potensiële deelnemers telefonies kontak, as hul inskrywing suksesvol is.http://kyknet.dstv.com/…/enkellopendes-skryf-in-vir-vlerks…/

https://docs.google.com/…/1FinJSqYfjTRVk6JVU6gbnR…/viewform…

love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *