ELANDSFONTEIN-MYN VERSUS SANPARK : KOM LUISTER EN PRAAT SAAM !

Wat gebeur nou by die Elandsfontein-fosfaatmyn nadat Carte Blanche en die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, die onaanvaarbare ongerymdhede rondom die toekenning van dié mynlisensie in die nasionale media bevestig het?
‘n Interessante en insiggewende netwerkgeleentheid oor dié omstrede myn, waartydens Jaco Nel van Sanpark en Mark Maynard (regs onder) en Philip le Roux (links onder) van Elandsfontein Myn die gassprekers is, word eerskomende Maandag 7 November deur die Weskus Sakekamer aangebied.

 

mynman mynman1

Die verrigtinge vind van 18:30 by die Langebaan Country Club plaas en sluit ook ligte verversings en ‘n kontantkroeg in. Toegang is gratis vir Sakekamer-lede, terwyl die koste vir nie-lede R30 beloop.

 

Belangstellendes moet voor 4 November 2016 teen 17h00 hul bespreking bevestig. Dit kan aanlyn gedoen word op die Weskus Sakekamer se webblad (skakel hieronder). Moet dit nie misloop nie!

Lees ook Trevor Manuel se kommentaar:    http://www.weskusontheline.co.za/2016/10/21/1323/

https://weskussakekamer.co.za/2016/10/netwerkgeleentheid-7-november-2016-sanpark-en-elandsfontein-myn/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *