WANNEER ONS VAARWEL Sê . . .

shaul-paul-swartbooi1Shaul Paul Swartbooi

In die skilderagtige ruwe gebergtes van Namaland Concordia is die naweek ‘n skrander, pragtige jongseun ter ruste gelê.

So jonk, soveel om nog voor te gelewe het. Maar niemand ken die pad van môre. Sy dood het menigte van ons aangegryp, ons tot trane gedwing. Dank aan sy Riders-vriende met hulle se lojaliteit en eensgesindheid om sy dood met waardigheid en die passie van hulle lewe as Riders uit te beeld.

Motorfietse bring ‘n ewige jeug in elke man se lewe na vore, die reis op die pad, die adrenalien in ‘n man. Ek salueer die Bikers van heinde en ver en die Namaqua Riders . . .

Aan sy familie in besonder: sterkte op hierdie pad. Aan sy vriende:  hou sy herinneringe lewendig . . .

Vir jou, Alvin Cloete: namaqua-riders

Wanneer die gebrul van motorfietse wegsterf in die verte . . .

Die sagte suising van die bande op die pad

Terwyl die traandruppels onderdeur die helmets oor ons wange sypel

Deur die wind drooggewaai.

Saggies sal ons elkeen neurie en terugdink aan jou . . .

Elke keer as ons opstart, wanneer ons koers kies op die paaie

sal ons met heimweë terugdink aan jou . . .

Soveel draaie wou ons nog ry;

Soveel kere was ons saam, maar alles het verby gespoed

soos die wind waardeur ons ons pad sou kloof.

Ons sou nog die laaste keer!

Maar nou is dit net herinneringe vasgeskryf teen die wand van ons Bikers harte

Saam sal ons as die Riders jou naam verewig

Jou naam sal ons in die wind uitroep om ons hartseer en pyn te demp;

Totdat die laaste motorfiets se dreun ook stil sal word.

Ons sal jou onthou!

Op die golwe van die wind.

Rus sag . . .

Ons Bikers broer

Vir jou seun, vir jou en jou Bikers broers. SPS..5 Nov.2016

bikes-vir-alvin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *