DIE Oë . . . OPGEDRA AAN FELLAS SE OUSUS, NATASHA FARMER

Shaul Paul Swartbooi

namaqua-natasha-huilDeur die vensters van haar siel

Ongenaakte pyn en seer

Sy huil nie meer, sy ween

Trane uit die fontein van haar siel

Waasbeelde van ‘n lieflingsbroer

speel dansend voor haar af.

Saggies prewel sy sy naam . . .

Alvin! As ek jou net weer kon sien . . .

alvin-cloete-2‘n Beeld van hom wat dans in ‘n tranepoel

In ‘n oogknip verdwyn alles in tranedruppels

Stadig biggelend oor haar wang.

Een enkele traandruppel val en vlek die grond

In vlietende oomblik ‘n kroon van ‘n lieflingsbroer . . .

en saggies eggo die woorde:

“Vaarwel Alvin, dit is ‘n lang reis vir ons.”

Dankie aan u almal. Sterkte aan Alvin se Ousus . . . .en fam..

SPS 7Nov

namaqua-riders-natasha-en-alvin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *