Die tweede jaarlikse Weskus Toy Run van die Weskus Motorfiets Assosiasie by Saldanhabaai Sportveld was weer eens ‘n groot sukses. Motorfietsryers van so ver as Kaapstad het die sterk wind trotseer om hierdie projek ten bate van verskeie instansies te ondersteun.
Speelgoed is geskenk en ‘n veiling van items van verskeie borge is opgeveil. Die kontantopbrengs word geskenk aan die Eiland Huis vir mense met spesiale behoeftes.
Die verskeidenheid motorfietse – in alle kleure en groottes – was ‘n indrukwekkende gesig en die kinders het hul gate uit geniet met die speletjies wat aangebied is.
‘n Groot dankie aan die borge: Alex Alarms, Mortimer Toyota, Autozone Vredenburg, Cape Town Motorcycle Club, Wayne Moss, Protea Hotel Saldanha en Saldanha Sportklub.




