WATERKRISIS EN HOE WESKUS-BOERE GERAAK WORD ONDER DIE LOEP OP RADIO SUNSHINE

Terwyl die voortdurende waterkrisis in die Wes-Kaap dalk noodskemas noodsaak, kom die uitwerking van die droogte op Weskus-boere môre-oggend onder die loep op die vroegoggend landbouprogram op Radio Sunshine.

Luister gerus môre-oggend tussen 05:00 en 06:00 na die program Plaastoe met Dirk Gallowitz op 100.6 FM.

Die risiko’s wat die Elandsfontein/KROPZ-fosfaatmyn vir die ondergrondse water in die gebied inhou, word ook bespreek. Wat is die impak van die mynbedrywighede op die bogrondse biodiversiteit en ekologie en watter gevare hou dit vir die landbou se grondwaterbronne in? Moet dit nie misloop nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *