Cape Town’s taps could really run dry
2017-04-04 06:30
Melanie Gosling, GroundUp

Theewaterskloof dam is shown in January. It is one of the mayor dams supplying water to Cape Town. (Supplied)
The current dry period, measured at the Dwarsberg rain gauge in Jonkershoek, was the worst since records had begun in 1945.
“There has been a massive reduction in stream-flow, and the rain since October has not made any difference to dam levels. The water flowing into the streams now is coming from water stored in rocks,” Allsopp said.
All mountains had cracks and gullies into which rainfall seeped and where it could be stored for years, replenished by winter rains. It was this stored water that was now seeping out of cracks and feeding the dams that fed Cape Town.
The current low dam levels – 27.3% of storage capacity – would have been even lower had the government not embarked on a programme 20 years ago to hack down alien vegetation in the catchment areas. Unlike indigenous fynbos, alien trees like pines, gums and wattles are water guzzlers.
The last 10% of a dam’s water is mostly unusable, so dam levels are effectively at only 17.3%.
Tighter water restrictions
Cobus Olivier, of the SA Weather Service, said one of the problems with rain forecasts for the country’s winter rainfall area was the lack of certainty. Although the latest long-term forecasts for the south-western Cape published this week had shown that some coastal areas may get higher-than-average rainfall between now and June, this could not be relied on with any certainty.
Olivier said the uncertainty did not apply to the summer rainfall region.
The above-normal rainfall forecasts for the Western Cape therefore had a low probability.
Capetonians were still using 25 million litres a day more than the target of 700 million litres.
If there were not good rains this winter, water restrictions might be intensified.
For households this would mean no more watering of gardens, even with buckets, no more topping up of swimming pools, and a reassessment of water restriction exemptions, said councilor Xanthea Limberg, mayoral committee member for informal settlements, water, waste services and energy.
Technical difficulties
Households used 55% of the city’s water supply and industry 3.9%.
Limberg said this was because there were far fewer industrial customers in Cape Town than residential, and not all these industries required large amounts of water. Some used treated effluent.
All golf courses in the city used recycled effluent.
According to Rand Water, a golf course used between 1.2 million and 3 million litres of water a day.
Most of the few commercial farms in the city used borehole water, Limberg said.
However, there were farms outside Cape Town’s municipal area that shared water from the same dams as the city, which accounted for about 40% of the total water consumption from these dams during summer.
When South Africa’s water laws were rewritten in the mid-1990s, when Kader Asmal was water minister, all surface water came under the ownership of the state.
The intention had been to include borehole water in the revised legislation, said Guy Preston, deputy director of environmental programmes at the Department of Environmental Affairs and a former advisor to Asmal.
However, it had been left out because of technical difficulties in monitoring and measuring flow.
Water in tenkwaens dalk Kaap se voorland
Suid-Afrika is nie meer die “soet kind in die klas” as dit kom by doeltreffende watertoevoer en sanitasie nie, skryf Mike Muller in The Conversation.
05 April 2017 14:02
Suid-Afrika was met reg trots op sy watertoevoer-prestasies in die eerste dekade van demokrasie ná die 1994-verkiesing.
Die land is ’n internasionale leier genoem in die voorsiening van watertoevoer en sanitasie. Lank voor die 2015-spertyd het dié land trots aangekondig hy het die Millennium Ontwikkelingsdoelwit vir water gehaal. Die aantal mense sonder toegang tot veilige water was meer as gehalveer. Selfs die moeiliker sanitasiedoelwit is gehaal.
Maar vooruitgang sal in die toekoms volgens nuwe standaarde gemeet word en die land sal slegte nuus in die gesig moet staar. Nie net misluk Suid-Afrika om die nuwe stel riglyne wat deur die Verenigde Nasies daargestel word vir 2030 te haal nie. Dit lyk asof die situasie agteruitgaan.
Om die Volhoubare Ontwikkelingsmylpale vir water te haal, sal baie moeiliker wes. Eerstens is die doel dat water en sanitasie vir almal beskikbaar sal wees. Maar om infrastruktuur te verskaf is nie genoeg nie. Die doel is nie net beskikbaarheid nie, maar ook “volhoubare bestuur”.
Suksesvolle ingrypings
Gedurende die eerste dekade van demokrasie is infrastruktuur gebou om veilige watertoevoer aan byna 20 miljoen mense te verskaf. Dit was ’n relatief maklike taak. As ’n hoër-middelinkomste ontwikkelende land, het Suid-Afrika die finansiële hulpbronne en tegniese vaardighede gehad om dit te bereik.
Voordat Suid-Afrika ’n demokrasie geword het in 1994 het die politieke wil ontbreek. Agtereenvolgende apartheidsregerings het arm swart gemeenskappe bloot geïgnoreer, veral in landelike gebiede. Van hulle is verwag om hulle behoeftes self te bevredig met hul eie hulpbronne, ten spyte daarvan dat hulle sistematies uitgesluit is van toegang tot die hoofstroomekonomie.
Waterinfrastruktuur kos geld. Die ander belangrike prestasie was dus om die nodige finansiële reëlings te tref. Dit het verseker dat niemand sonder water gebly het omdat hulle dit nie kon bekostig nie.
’n Finansiële raamwerk vir munisipaliteite is in 2001 gevestig. Die “billike aandeel in inkomste”, wat gewaarborg word volgens die land se Grondwet, is uitgereken om genoeg te verskaf vir bedrywighede in munisipaliteite waar baie arm inwoners dit nie kon bekostig om te betaal nie.
Terselfdertyd is ’n “gratis basiese waterbeleid” gevestig. Dit het munisipaliteite verplig om ’n basiese watervoorraad gratis te verskaf – en hulle kon kies of dit net vir arm families was of vir alle gebruikers.
Die basiese toelating was 6 000 liter per huishouding per maand. Dit was gegrond op hoeveel mense wat water moes dra in emmers vanaf openbare krane waarskynlik sou gebruik. Mense wat meer gebruik, is gevra om te betaal. Tariewe is so gestruktureer dat hoe meer water mense gebruik het, hoe meer het hulle betaal. Huishoudings wat baie water gebruik het, het dus ander gesubsidieer wat spaarsamig was met water.
Hierdie beleid is uitgedaag. Daar was probleme, veral in stede waar die meeste huishoudings spoelriolering gehad het. Dit was moeilik om waterverbruik te beperk tot 6 000 liter indien water ook gebruik is om toilette te spoel.
In antwoord hierop het sommige van die ryker stede die “gratis basiese toelae” vermeerder. Baie ander, onder politieke druk, het eenvoudig in die ander rigting gekyk. Hulle het nie huishoudelike verbruik deur middel van ’n watermeter gemeet nie. Dis nie verrassend dat mense wat maklike toegang deur ’n kraan in die huis gehad het, meer begin gebruik het nie.
Terwyl gebruik toegeneem het, het die infrastruktuur dikwels aan gebreke gely. Die gevolg was dat in baie gemeenskappe, veral in armer landelike gebiede, water nie meer uit krane gevloei het nie.
Die gety verander
Op internasionale vlak is ooreengekom op ’n spesifieke aanwyser om ’n land se prestasie te meet. Dit is “die persentasie van die bevolking wat veilig bestuurde drinkwaterdienste gebruik”.
Hiervolgens gemeet vaar Suid-Afrika swak.
Die departement van water en sanitasie berig baie van sy munisipaliteite verskaf nie veilige water nie. Twee jaar lank het hy die uitreiking van sy “Blou druppel”-verslag vir 2014 teruggehou, wat ’n 8%-verlaging in die gehalte van drinkwater toon tussen 2012 en 2014.
Selfs erger, die geloofwaardigheid van die watertoevoer is besig om te daal. In 2015 het meer as 25% van huishoudings berig dat hul toevoer onderbreek is vir langer as twee dae of meer as twee weke per jaar – die standaard wat van munisipaliteite vereis word. Gegewens vir onderbrekings gedurende die onlangse droogte is nog nie gepubliseer nie.
Die departement van water en sanitasie erken daar is probleme. Maar die huidige kritiek op bestuursmislukkings en verkwistende uitgawes deur die nasionale en die plaaslike regering is nie bemoedigend nie.
’n Berg lê voor
Suid-Afrika is dus nie meer die “soet kind in die klas” wat betref die doeltreffende uitvoering van watertoevoer en sanitasiedoelwitte nie. Ons het ons nou by ander lande op die vasteland aangesluit wat ’n berg het om te klim voor hulle die wêreld se mikpunt vir 2030 kan haal.
Die eerste stap is dat die regering hierdie uitdaging moet erken. Dan moet die nasionale en die plaaslike regerings aan die wyer gemeenskap verduidelik wat gedoen gaan word om hierdie doelwitte te bereik. Dit kan nie net ’n oefening in beeldpoetsery wees om die land se status te herwin as ’n leier in dié bedryf nie. Daar moet ’n praktiese bloudruk wees wat verduidelik hoe die regering sy grondwetlike verpligting gaan nakom om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang het tot veilige en geloofwaardige water en sanitasie.
* Prof. Mike Muller is ’n besoekende medeprofessor aan die Universiteit van die Witwatersrand.
* Dié artikel het eers op The Conversation verskyn.
Lees ook oor die jongste stand van damme hieronder:
