IETS VAN ALLES BY LANGEBAAN PAASMARK : 7 – 17 APRIL

Die NG Kerksaal in Langebaan is ‘n kleurvolle miernes van bedrywighede soos mense toesak op die heerlike gebak en interessanthede by die PAASMARK wat vandag afgeskop het.

Die Paasmark duur van 7 tot 17 April (09:00 tot 18:00) en daar is letterlik iets van alles – van speelgoed, juwele, handsakke, unieke houtwerk, skulpprodukte en klere en skoene tot heerlike tuisgebak.

Ook gevriesde etes, bitong, droëwors, beskuit, konfyt, vrugte, groente, droë vrugte, neute, pannekoek, ens.

Daar is ook ‘n teetuin wat heeldag etes bied, terwyl ‘n groot verskeidenheid koek en tert saam met koffie en tee geniet kan word. Langebaan se bekende Pink Pancake Ladies is ook weer op hul pos met smullekker pannekoeke en stuitighede.

 

Hier is solank ‘n kykie op wat alles op besoekers wag . . .

Nog foto’s op ons Facebook-blad:

 https://web.facebook.com/weskus123/?hc_ref=PAGES_TIMELINE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *