WIE IS KROPZ?
WeskusonTheline het nou ‘n dubbelblad-advertensie in Weslander raakgelees waarin ‘n maatskappy – KROPZ – glo R1,3 miljard in die ontwikkeling van die omstrede Elandsfontein-fosfaatmyn belê . . . (Weslander 8 September 2016: KROPZ : Antwoorde op jou vrae oor Elandsfontein-myn)
Ons wou bitter graag ‘n paar vrae aan KROPZ vra/stuur, maar vind daar bestaan nie so ‘n maatskappy nie en nêrens is daar bewyse/sprake dat hulle al ooit met prospekteerwerk, ontginning of enigiets in die fosfaatmynbedryf te doen gehad het nie? Ook geen kontaknommers of selfs ‘n eposadres nie . . . net ‘n basiese, onvoltooide webblaadjie met GEEN besonderhede nie . . . ? WEET iemand dalk wie/wat KROPZ is en wie ons kan kontak om die volgende vrae aan hulle te stuur na aanleiding van die reuse-reklameadvertensie in Weslander?
1. Wat gebeur met die uiteindelike fosfaatkonsentraat en hoe gaan dit SA se landbou en potensiële kosskaarste help as alles uitgevoer word?
2. Gaan Kropz ‘n fosfaatverwerkingsaanleg OOK hier begin? Indien wel, waar? Wanneer is daar so ‘n aansoek ingedien, want ‘n fosfaatverwerkingsaanleg is weer ‘n perd van ‘n totaal ander kleur as ‘n myn en verg heeltemal ander impakstudies en vereistes en skep boonop ‘n reuse-besoedelingsgevaar weens onvermydelike gas- en ander lekkasies?
3. Watter ervaring/bewyse het Kropz dat hy glo hy gaan regkry wat geen ander ERVARE maatskappye ter wêreld nog OOIT kon regkry nie . . . om met ander woorde nie ‘n hele streek se ekologie, water en natuur vir dekades en soms vir eeue lank te verwoes nie . . . ?
4. Kan Kropz asb. ‘n voorbeeld verskaf van ‘n fosfaatmyn en -verwerkingsaanleg wat so naby ‘n lagoon en op 2 akwifers gebou is . . . m.a.w. in soortgelyke ekologiese omstandighede as Elandsfontein en onlangse foto’s verskaf hoe dit daar lyk?
5. Verkeer op die R45 sal met 23 % verhoog word . . . met reuse-trokke wat teen ‘n slakkepas ry met gevaarlike konsentraat/chemiese stowwe . . . WIE gaan dié trokke polisieër en toesien dat alles altyd bedek is en geen chemiese stowwe iewers ontsnap nie? In rowwe SA en veral op die gevaarlike weskuspaaie waar ongelukke gereeld voorkom – wat sal die impak wees as so ‘n reuse-vragmotor omslaan of in ‘n botsing/ongeluk betrokke is en die chemiese produkte in die lug vrygestel word?
6. Kropz gaan dus die eerste twee jaar al hul water vir die mynprosesse van die SBM verkry . . . terwyl die SBM NOU al blykbaar nie in die vraag na inwoners se skoon drinkwater kan voorsien nie? Inwoners vanaf Saldanhabaai tot in Hopefield kla reeds oor die swak gehalte van drink- en badwater? Dit was ‘n baie droë winter en landwyd word waterbeperkings ingestel, maar die SBM sien kans om ook ekstra water te verskaf aan ‘n fosfaatmyn EN die duisende ekstra tydelike werkers wat dit meebring?
7. Kropz erken darem self dat ALLE impakstudies tot dusver onomstootlik bewys dat die mynboubedrywighede ‘n invloed op die strandmeer sal hê. Kropz praat van ‘n “geringe” invloed. Spesifiseer asb. HOE gering moet ‘n impak op ‘n strandmeer wees om NIE die hele marinelewe, ekosisteme en waterveiligheid van die hele strandmeer te versteur/vernietig nie? Om vir 200 mense werk te gee, terwyl derduisende besoekers / kite surfers minstens 8 maande van die jaar die lagoon gebruik vir watersport/vakansie/ontspanning en feitlik ALLE bestaande besighede in die weskus afhanklik is van dié besoekers en eko-toerisme?
8. Fosfaatbesoedeling is allermins die enigste of ergste gesondheidsgevaar van ‘n fosfaatmyn en -verwerkingsaanleg. (Kyk asb. aangehegte oorsig)
9. Die hele mynstruktuur van miljoene rande is afhanklik daarvan dat GENOEG fosfaat gekry sal word om die projek lewensvatbaar en volhoubaar te maak . . . m.a.w. die grootskaalse vernietiging van die omgewing en al die omgewing- en gesondheidsrisiko’s en miljoene rande wat reeds belê is, is onderhewig daaraan dat die regte soort en genoeg sedimentêre fosfaat gekry word. En as dit NIE gekry word nie . . . wat dan?
10. Wys/verskaf asb. foto’s en voorbeelde van SOORTGELYKE fosfaatmyn en -verwerkingsaanlegte by ‘n strandmeer en op 2 akwifers wat ná die tyd gerehabiliteer is . . . met plek/datum van wanneer/wat daar gemyn is en wanneer dit gerehabiliteer is met foto’s as bewys van die gerehabiliteerde gebied?
11. Die infrastruktuur wat ná die uiteindelike sluiting van die myn behoue gaan bly – soos oorhoofse kragdrade, waterpyplyne en mynkantore – sal glo bevorderlik wees vir toerisme-ontwikkeling in die gebied? ‘n Ontginde myngebied wat ‘n toerisme-aantreklikheid word? Miskien ‘n museum met foto’s van hoe die strandmeer en weskus gelyk het VOOR die mynbedrywighede . . . sodat die nuwe geslag kinders/kleinkinders kan sien HOE die weskus eens op ‘n tyd gelyk het?
12. Die hele weskus se ondergrondse waterbronne/ekologie/strandmeer/eko-toerismebedryf word dus op die spel geplaas om vir sowat 200 mense werk te verskaf vir ‘n onbepaalde tyd (afhangende of dit volhoubaar is) sodat Kropz fosfaat-kunsmis kan maak en verkoop . . . ? Maak dit SIN? Wat van die duisende bestaande besighede/gesinne wat alles gaan verloor as die ekologie/strandmeer/eko-toerisme weens dié mynbedrywighede en besoedelingsgevaar tot niet gaan?
13. Kropz erken hulle wag nog vir die watergebruiklisensie en aanvaar sommer dit sal in Oktober aan hulle toegeken word . . . terwyl ‘n Hooggereregshofsaak bestaande uit 2 000 plus bladsye van bewyse hoe hulle glo kortpaaie vat en NIE aan die nodige vereistes voldoen nie, hangende is . . . ?
14. Onlangse lugfoto’s van die myn toon dat daar reeds reuse-damme, ens. gebou is ondanks ‘n hangende Hooggeregshofsaak en die feit dat die nodige waterlisensies en ander permitte nog nie toegestaan is nie. Hoe werk dit?
15. Is daar al begin om die water rondom die mynbougebied te dreineer en te herlei deur middel van ‘n geslote pypleidingsnetwerk en hou dit enige verband met die skielike en toenemende klagtes oor swak watergehalte van inwoners vanaf Hopefield tot by Saldanhabaai?
Dit sal baie waardeer word as ‘n woordvoerder van Kropz asb. dié vrae kan beantwoord?
By voorbaat dank.
editor@weskusontheline.co.za
news@weskusontheline.co.za
Lees ook ons opvolg-berigte oor dié omstrede KROPZ-fosfaatmyn:
https://www.weskusontheline.co.za/2016/09/29/the-powers-behind-the-elusive-kropz-sa/
IS KOERANT OOK IN MYNBASE SE SAK? PUBLIEK SE VRESE EN BESWARE IS GEREGVERDIG
MINING : LOWEST MORALITY AND HIGHEST MORTALITY RATE OF ALL INDUSTRIES
Cape High Court to STOP KROPZ from further dewatering Elandsfontein aquifer for a dormant mine . . .
Minister and DG of DWS support WCEPA’s High Court application against KROPZ
Latest on the ongoing KROPZ/Elandsfontein mine and water debacle along the wild West Coast. . .
NOG FOSFAAT-MYNBASE HET HUL OOG OP ARIE DEMPERS SE FOSSIELRYKE NATUURRESERVAAT
Comes Patrice Mosepe to the rescue . . . ?
The Phosphate Fertilizer Industry: An Environmental Overview
The Phosphate Fertilizer Industry: An Environmental Overview

